Skematiese voorstelling

'n Skematiese voorstelling, of skematiese diagram, is 'n voorstelling van die elemente van 'n stelsel waarin abstrakte, grafiese simbole eerder as realistiese prente aangewend word. Dit ontbreek gewoonlik aan enige detail wat nie relevant is in die inligting wat die voorstelling moet meedeel nie, en kan ook onrealistiese elemente insluit wat nietemin begrip sal bevorder. 'n Kaart van moltreinroetes vir gebruik deur voornemende passasiers kan byvoorbeeld 'n stasie net as 'n ronde kol aandui; die kol toon geen werklike ooreenkoms met die werklike stasie nie, maar dra inligting oor sonder visuele omslagtigheid. 'n Skematiese diagram van 'n chemiese nywerheidsproses gebruik simbole wat die houers, pype, kleppe, pompe, en ander toebehore van die stelsel uitbeeld, en sal die uitleg van die verbindings beklemtoon terwyl meeste fisiese kenmerke buite rekening gelaat word. In 'n elektroniese stroombaandiagram mag die uitleg van die simbole nie met die uitleg van die werklike stroombaan ooreenstem nie, maar die elemente kan vereenvoudig word vir makliker interpretasie deur die gebruiker.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search